Beamptes soek glo R200 voor hul rybewys teruggee
2011-04-14 20:00
Johannesburg – Twee verkeersbeamptes het in Harding in die landdroshof verskyn nadat hulle glo ‘n motoris se rybewys afgeneem en R200 geëis het alvorens hulle dit aan hom teruggegee het.
“Dumisani Joel Ncesi (40) en Nokuthula Mapumulo (35) sal in aanhouding bly tot hulle volgende verskyning Vrydag in die hof,” het kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, bekend gemaak.
Die Valke het die twee verdagtes Woensdag in hegtenis geneem.
“Lede van die Valke se tak in Port Shepstone het inligting oor die voorval ontvang en dadelik ondersoek ingestel.
"Die mans is met die hulp van die slagoffer in hegtenis geneem," het Naicker gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA