Beampte se lyk gekry ná diefstal

2011-12-06 09:02
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – ’n Sekuriteitsbeampte van die provinsiale verkeersdepartement het homself die naweek opgehang nadat hy ’n voertuig van die departement in Welkom gesteel, daarmee in ’n ongeluk was en daarna ’n tweede gemerkte voertuig gesteel het.

Piet Tamane (33) het dié tweede voertuig, ’n splinternuwe Chevrolet Cruze, met die sleutels daarin voor die hek van die kantoorbestuurder op Hoopstad gelos.

Dit was nadat hy op die dorp opgemerk is, en toe hy deur verkeersbeamptes gekonfronteer is, gesê het hy is daar om aan die Vrystaatse LUR vir vervoer verkeershulp te verleen.

Tamane se pa het Sondagoggend omstreeks 06:00 op sy lyk in die huis afgekom.

Sers. Ian Gaobepe van die polisie sê ’n geregtelike ondersoek word op Hoopstad gedoen. Die rede vir Tamane se optrede en selfmoord is nie bekend nie, maar Volksblad verneem hy en sy vriendin het Saterdag voor die gebeure ’n woordewisseling gehad.

Tamane het die eerste voertuig Saterdagaand uit die parkeergebied van die provinsiale verkeersdepartement in Koppie Alleenweg gesteel, en op die pad tussen Welkom en Odendaalsrus daarmee oor ’n verkeersirkel gejaag en dit beskadig.

Hoe hy toe in Welkom teruggekom het om die tweede voertuig te steel, en hoe hy toegang tot die toegesluite parkeergebied en die motorsleutels gekry het, word deur die polisie ondersoek.

Zolile Walaze, provinsiale woordvoerder van die verkeersdepartement, sê ’n ondersoek is aan die gang. Hy sê die eerste motor is erg beskadig.

Hy sê verkeersbeamptes wat die gemerkte voertuig op Hoopstad opgemerk het, het Tamane gevra wat hy daar daarmee doen, waarop sy antwoord was dat hy die LUR vergesel het omdat daar niemand anders was wat dit kon doen nie.

Die verkeersbeamptes het toe hul hoof gebel, wat die motor later buite sy hek gekry het.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: selfmoord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Bomb sê... Watse bus vat 92 mense? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.