Beampte het ET-verdagte met die dood gedreig

2012-02-03 12:20
Tweets Share Share line Print

Ventersdorp – Die ondersoekbeampte in die Eugene Terre’Blanche-moordsaak het gedreig om een van die beskuldigdes dood te maak, het die hooggeregshof in Ventersdorp Vrydag gehoor.

“Jy sal reël dat hy (die plaaswerker Chris Mahlangu) na ‘n landdros geneem word om ‘n verklaring af te lê en as hy nie doen wat jy sê nie sal jy hom doodmaak,” het Mahlangu se prokureur, Kgomotso Tlouane, aan die ondersoekbeampte gesê.

Lt. kol. Tsietsi Mano het dit ontken.

Mano het Donderdag getuig dat beide Mahlangu en die jeugdige se regte aan hulle voorgelees en aan hulle verduidelik is nadat hulle in hegtenis geneem is.

Mahlangu en die minderjarige, wie se naam nie bekendgemaak mag word nie, word daarvan aangekla dat hulle Terre’Blanche in sy plaashuis buite Ventersdorp in April 2010 in die Noordwes doodgeslaan het.

Albei het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, huisbraak en roof met verswarende omstandighede. Mahlangu beweer hy het uit selfverdediging opgetree. Die tiener ontken betrokkenheid in die misdaad.

Mano het getuig dat ‘n reëling op die aand, wat die twee in hegtenis geneem is, getref is om hulle van Ventersdorp na Klerksdorp te verplaas.

Tlouane het gevra hoekom Mano gevoel het dit is nodig dat hulle oorgeplaas word.

“Ventersdorp is nog altyd in die nuus as gevolg van rassistiese konfrontasies,” het Mano gesê.

Hy was bekommerd dat Terre’Blanche, wat die leier van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) was, se ondersteuners dalk wet in eie hande sal neem en die polisiekantoor aanval.

“Daar was baie spanning,” het hy gesê. Dit is as voorsorgmaatreël gedoen.

Mahlangu en die jeugdige se regsverteenwoordiger het ‘n vorige uitspraak wat teen Mano gelewer is, tydens die verhoor genoem.

Regter John Horn het gesê hy sal moet oplees oor die saak en dan besluit of hy vrae rondom dit sal toelaat.

Die uitspraak waarna verwys word, is in 2008 in die Pretoria-hooggeregshof in die saal teen Mano en talle ander polisiebeamptes gemaak.

Hulle moes meer as R500 000 in skadevergoeding aan Madimetja Phineas Kutumela, wat in 2004 verkeerdelik in hegtenis geneem is in verband met die ontvoering en moord van konst. Francis Rasuge, betaal.

Volgens die uitspraak het Mano en ander lede van die polisie Kutumela aangerand en kwaadwillige aanklagte teen hom gebring.

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
71 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Bomb sê... Watse bus vat 92 mense? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.