Barnard se broer praat sy hart uit

2010-08-20 07:33
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Drie dekades nadat hy weens politieke redes gevra is om by Groote Schuur-hospitaal te loop, het dr. Marius Barnard Donderdag teruggekeer en sommer sy jare lange stilswye oor sy bekende hartchirurg-broer, Chris, verbreek.

Hy het gesê “dit is ’n bekende feit dat ek en my broer nie om dieselfde stoof vir hitte gesit het nie”.

Barnard en Simon Norval is pas klaar met die manuskrip van ’n boek getiteld Defining Moments, wat “alles oor die eerste hartoorplanting” en vele ander feite “vir die eerste keer” sal vertel.

Hy wou nie verklap hoeveel harte hy self op sy dag oorgeplant het nie. “Dit was minder as ’n honderd, en ek lieg nooit,” is al wat hy wou sê.

“Oorplantings was Chris se private property en wanneer hy oorsee was met die vroue, het ons die kans gekry om harte oor te plant,” het hy bygevoeg.

Barnard (82) het by die Hart van Kaapstad-museum hier na die oorspronklike teaters kom kyk en ook die wêreld se langslewende hartoorplantingspasiënt, Paul Thesen (45) van Oos-Londen, weer ontmoet. In 1979 was Thesen as 14-jarige ook die jongste hartontvanger nóg en (dr. Marius) Barnard het dié operasie uitgevoer.

Die oorspronklike teaters waar die skenkerharte verwyder en die eerste oorplantings gedoen is, asook ander lokale wat gebruik is tydens dié geskiedkundige operasie, is deel van die museum. Barnard en Thesen het saam deur dié lokale gestap.

In die operasie wat Barnard op Thesen gedoen het, is sy eie hart behou, met die skenkerhart wat as abbahart oorgeplant is. Die skenkerhart was dié van Caroline Munnik, dogter van dr. Lapa Munnik, ’n voormalige minister.

’n Tweede abbahart is later oorgeplant en die skenker was ’n jong meisie van die Oos-Kaap. Thesen vertel hy het vandag een hart en klein deeltjies van ’n ander hart. “Ek voel goed,” het hy aan Die Burger gesê.

Volgens Barnard was hy die laaste persoon om in dié teater te opereer. “Ek het eendag nog so gestaan toe daar skielik iets met die lugverkoelingstelsel fout gaan – dit het ’n wolk stof uitgeblaas. Daarna het hulle die teaters gesluit.”

Hy is skielik weg by Groote Schuur. “Daar is vir my gesê ek moet loop omdat ek ’n benoeming as PFP-kandidaat aanvaar het. Dit was lekker om te loop.”

Daar sal meer oor politiek en sy stryd met kanker in die boek wees, aldus Barnard.


Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: medici  |  hospitale

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Bomb sê... Watse bus vat 92 mense? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.