Barbie-slagoffer hang haarself

2010-03-08 08:29
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ‘n Slagoffer van die kindermolesteerder Cézanne Visser het oor die naweek in Botswana haarself aan ‘n boom gehang, het Beeld Maandag berig.

Jeannine du Plessis (21) se lyk is Sondagoggend in ‘n oop veld gevind.

“Dit is alles Cézanne en Dirk se skuld,” het haar pa, Pieter de Plessis, aan Beeld gesê.

“Ek is hartseer.”

Du Plessis, wat ‘n 15 maande oue baba gehad het, het gesukkel met ‘n heroïen-verslawing en was in rehabilitasie.

Sy het gesukkel met onttrekkingsimptome, het haar ma, Marie du Plessis, gesê.

“Sy het self in die hof gesê dat as dit nie vir Cézanne was nie, sou sy nooit dwelms begin gebruik het nie,” het Marie du Plessis gesê.

Jeannine du Plessis was in Botswana saam met die pa van haar kind. Hy het glo kontrakwerk daar gedoen.

Visser, wat ook bekend is as advokaat Barbie, is in Februarie tot sewe jaar tronkstraf gevonnis nadat sy skuldig bevind is op elf seksverwante aanklagtes.

Du Plessis was een van die kinders van ‘n kinderhuis wat Visser na Dirk Prinsloo, Visser se voormalige kêrel, se huis gelok het.

Regter Chris Eksteen het beslis dat Visser se besoeke aan die kinderhuis fyn beplan was en dat sy die inisiatief geneem het om die kinders te kry wat sy en Prinsloo “onmenslik uitgebuit het.”

Al drie kinders was blootgestel aan pornografiese videos en tydskrifte.

Hulle moes aanskou hoe Visser en Prinsloo beide orale seks en seks het.

Die hof het gehoor hoe Du Plessis bedwelm is nadat sy ‘n koppie Milo wat aan haar gegee was, gedrink het.

Toe sy die volgende oggend wakker word het sy nie haar onderklere aangehad nie.

- Sapa
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
68 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

elkita.robbertse sê... Die beloftes het begin.Beloftes wat leeg is van enige waarheid.Geen skaamte..Die anc hget geen einde wat korrupsie aan betref nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 105,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 123,120.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.