Barbie-slagoffer: Diere vreet al aan haar lyk

2010-03-09 08:03
Tweets Share Share line Print

Virginia Keppler

Johannesburg - Wilde diere het al aan die hande en voete van Jeannine du Plessis (21), ’n slagoffer van Cézanne Visser, begin vreet toe die polisie haar lyk eergisteroggend in ’n stuk veld in Botswana gevind het.

Marié du Plessis, Jeannine se ma, het gister gesê haar kind was volgens die polisie al twee dae lank dood toe hulle haar lyk in die Kgalagadi-omgewing gekry het waar sy aan ’n boom gehang het.

Volgens haar ma was sy MIV-positief.

Du Plessis het gesê Johan Fourie, Jeannine se vriend wat in Botswana woon en by wie sy gewoon het, het haar lyk gister gaan uitken.

Haar dogter se lyk sal waarskynlik tussen vandag en môre na Suid-Afrika gebring word.

“Die nadoodse ondersoek is vandag gedoen. Haar lyk gaan nou gebalsem word voordat die departement van buitelandse sake van Botswana dit tot by die Suid-Afrikaanse grenspos bring waar haar pa en die begrafnisondernemer haar gaan inwag.”

Volgens Du Plessis sou Jeannine ses weke in Botswana gebly het voordat sy en Fourie ’n week lank in Suid-Afrika sou kom kuier.

“Jeannine was ’n wonderlike kind. Cézanne het my kind se lewe verwoes.”

Visser is onlangs tot sewe jaar tronkstraf gevonnis weens seksdade met jong vroue en kinderhuismeisies.

In Jeannine se geval is sy van verkragting aangekla, maar dit kon nie bo redelike twyfel bewys word nie en is sy aan onsedelike aanranding skuldig bevind.

Tydens Visser se vonnis­oplegging het waarnemende regter Chris Eksteen gesê Jeannine se lewe is uitmekaar geskeur.

“Ek persoonlik voel sewe jaar is hopeloos te min,” het Du Plessis gesê.

Visser is tans op borgtog van R10 000 hangende haar aansoek om verlof om te appelleer.

Adv. Johann Engelbrecht SC, Visser se regsverteenwoordiger, het gister gesê Jeannine se selfmoord sal geen invloed op Visser se aansoek hê nie.

Volgens hom kan daar ook nie beweer word dat Visser die oorsaak van die selfmoord was nie.

Du Plessis het gesê: “Jeannine het ná daardie voorval met Cézanne verander en weggeloop van die huis af.

“Sy het met Nigeriërs en dwelms betrokke geraak en is later MIV-positief getoets.

“Sy het altyd gesê haar baba is ’n wonderwerk, want sy is negatief.

“Ons het haar onlangs vir die derde keer sedert haar geboorte getoets en sy is steeds negatief.”

Du Plessis het gesê haar kleinkind is Jeannine se ewebeeld. “Ek maak Jeannine van voor af groot.”

- Beeld
 

Lees meer oor: adv. barbie  |  cezanne visser

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Bomb sê... Watse bus vat 92 mense? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.