Barbie se pyn 'erger as straf in tronk’

2010-02-26 07:50
Tweets Share Share line Print

Sonja Carstens

Johannesburg - Cézanne Visser voel verneder en diep seergemaak. Sy beskou haarself as die “hoofslagoffer” van Dirk Prinsloo, haar voormalige minnaar, nadat sy Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria tot sewe jaar tronkstraf gevonnis is, het prof. Johann Lemmer, haar stiefpa, gister gesê.

“Dit was vir haar verskriklik vernederend toe sy ten aanskoue van flitsende kameras herhaaldelik geboei moes word terwyl die hofverrigtinge aan die gang was.

“Ook die uitlatings van (waarnemende) regter Chris Eksteen en die publiek het haar diep seergemaak en sy is verslae, maar vol moed dat haar aansoek om verlof om in die appèlhof in Bloemfontein te appelleer, suksesvol sal wees,” het Lemmer, ook president van Sexology SA, gesê.

Hy en Susan Lemmer, Visser se ma, wou by ’n hofordonnans weet of dit regtig nodig is om Visser telkens met hofverdagings te boei.

Die ordonnans het kortaf geantwoord dat Visser soos enige ander gevonniste misdadiger behandel word.

Visser is later op borgtog van R10 000 vrygelaat hangende haar aansoek om verlof om te appelleer.

Volgens prof. Lemmer het Visser tydens die vonnisverrigtinge ’n kalmeermiddel gebruik en het sy in die hofselle gehuil.

“Vir Susan was dit geweldig traumaties om te sien hoe haar enigste kind vir die tweede keer in agt jaar voor haar geboei word.

“Sy was ook teenwoordig toe Cézanne en Prinsloo in Desember 2002 in hul huis in Centu­rion, Pretoria, deur lede van die polisie se spesiale taakmag in hegtenis geneem is.”

Volgens prof. Lemmer het Visser se vorige werkgewer haar summier in die pad gesteek ná haar skuldigbevinding verlede jaar op 11 aanklagte van onder meer die onsedelike aanranding van kinders.

Sy het voor haar afdanking ’n pos as administratiewe bestuurder beklee en ’n “onberispelike werkrekord” gehad.

“Daar is aan haar gesê hulle het geen keuse as om haar te ontslaan nie. Sy het reeds alles verloor.

“Cézanne was van 2001 vasgevang in ’n meester/slaaf-verhouding met Prinsloo. Sy was die slaaf wat nie gedink het nie, maar net gedoen het.

“Sy was ’n gevangene in die verhouding en die pyn waardeur sy die afgelope agt jaar is, is erger as tronkstraf.

“Die regter sien haar berou as lippetaal en haar trane as pogings om te manipuleer, hoewel die deskundiges dit eens was dat sy diep berou het.

“Haar persoonlikheid het gedurende haar verhouding met Prinsloo totaal gedisintegreer,” het prof. Lemmer gesê.

Prinsloo het in 2006 midde-in die verhoor landuit gevlug nadat sy verhouding met Visser verbrokkel en sy teen hom gedraai het. Hy is verlede maand in Belo-Rusland vir 12 jaar tronk toe gestuur nadat hy probeer het om ’n bank met ’n speelgoedgeweer te beroof.

Adv. Johann Engelbrecht SC, Visser se regsverteenwoordiger, het gister gesê hy hoop om haar aansoek teen 20 Maart by die appèlhof in te dien.

- Beeld

Lees meer oor: cezanne visser

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Daizy sê... Wessel come to think of it, ek hoop daai baba kry darem so ietsie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: °C
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Astra Classic 1.8 CDE AC
2007
R 129,995.00

NISSAN

Hardbody 3200 D-Cab SE Dsl
2003
R 101,400.00

BMW

Z3 3.2 M Coupe
2003
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.