Barbie-saak: laaste betoë

2009-08-29 07:26
Tweets Share Share line Print

Pretoria. – Die staat en verdediging het gister betoog in die lang verhoor van die 31-jarige Cézanne Visser wat in die hooggeregshof in Pretoria van seksmisdade aangekla word.

Skriftelike betooghoofde is vooraf deur die partye ingedien, waaronder ’n lywige dokument deur adv. Johann Engelbrecht SC, Visser se regsverteenwoordiger.

Visser staan tereg op 14 aanklagte. Dit sluit aanklagte van verkragting, onsedelike aanranding, die besit van kinderpornografie, vervaardiging van kinderpornografie en die besit van dagga in.

Visser beweer sy was só vasgevang in Dirk Prinsloo se seksmagweb dat sy nie as individu besluite kon neem nie.

Prinsloo, ’n voormalige Pretoriase advokaat, is in ’n tronk in Belarus nadat hy uit Suid-Afrika gevlug en glo ’n rooftog daar uitgevoer het. Hy was saam met haar aangekla voor hy gevlug het. Die hof lewer op 6 Oktober uitspraak.

Staat

Visser het deurentyd keuses uitgeoefen en gekies om Prinsloo tevrede te stel. Só het sy onregstreeks in haar eie belang opgetree.

Só het adv. André Fourie, vir die staat, gister betoog in Visser, ook bekend as “adv. Barbie”, se verhoor.

Visser was nie bloot ’n robot in Prinsloo se hande nie en hy het nie met ’n beheerinstrument oor haar in sy hande gesit nie, het Fourie gesê.

Dit was vir haar belangrik om Prinsloo te plesier.

Haar geloofwaardigheid moet deurentyd teen dié agtergrond beoordeel word. Sy het ’n regsagtergrond en sy weet wat is toelaatbaar en wat nie.

Volgens Fourie is Visser se poging “om die fokus te verskuif na Prinsloo, ’n desperate poging om haar eie aanspreeklikheid te probeer ontduik”.

Oor Visser se deskundige getuie, prof. Jonathan Scholtz, het Fourie gesê Scholtz lewer ’n mening.

“U is nie gebonde aan sy opinie nie. Dít (Scholtz se getuienis) is nie die alfa en die omega nie,” het Fourie aan waarnemende regter Chris Eksteen en sy assessor gesê.

Fourie het betoog al die “feite” van die staatsgetuies moet as ’n geheel beskou word. Daar is geen gronde om enige van die staatsgetuienis as vals of onbetroubaar te verwerp nie. Daar is geen aanduidings dat enige staatsgetuie ’n poging aangewend het om hul “posisie erger te maak nie”.

Fourie het byvoorbeeld verwys na ’n klaer wat na bewering deur Visser betas is. Dié klaer kon, as sy Visser wou inkrimineer, gesê het sy is byvoorbeeld gepenetreer.

Fourie het toegegee daar is nie getuienis dat ’n spesifieke klaer verkrag is nie. Verkragting is nie in dié geval bewys nie. Visser behoort in dié geval skuldig bevind te word as ’n begunstigde in ’n poging tot verkragting, het hy gesê.

Eksteen het toe gevra: “As u toegee dat verkragting nie bewys is nie, hoe kan die beskuldigde dan ’n begunstigde wees in ’n poging tot verkragting?”

Fourie het toe gesê dit is “op die heel minste onsedelike aanranding”. Visser se getuienis kan nie as geloofwaardig aanvaar word nie, het hy gesê. Sy het keuses in eie belang uitgeoefen om in Prinsloo se guns te bly.

Verdediging

Dit kan nie betwyfel word nie dat mnr. Dirk Prinsloo ’n vark is. Hy is ’n seksuele sadis.

Só het adv. Johann Engelbrecht SC gister in die hooggeregshof in Pretoria betoog in die verhoor van me. Cézanne Visser, ’n voormalige Pretoriase advokaat wat in die volksmond as adv. Barbie bekend staan.

Engelbrecht het gesê daar was drie vroue, wat Visser insluit, wat almal op dieselfde wyse deur Prinsloo hanteer is. Dié vroue het oral ringetjies gehad, ringe deur hul tepels, vieslike tatoeëermerke op hul lywe en het hul borste laat vergroot.
Prinsloo het Visser gemanipuleer, het Engelbrecht betoog.

Engelbrecht het gesê dr. Jonathan Scholtz, hoof van kliniese sielkunde by die Weskoppies- psigiatriese hospitaal wat namens Visser getuig het, het gesê elk van die vroue “sien nie die rooi ligte nie”. “Hulle loop oop oë daarin. As ’n vrou vasgevang word in die web, word sy geassimileer.”

Hy het gesê die staat is nie korrek as dié aanvoer dat Visser ’n keuse kon uitoefen nie.

“Dis ’n gedwonge keuse.”

Engelbrecht het gesê daar moet gekyk word na die objektiewe feite. Foto’s staaf dat Visser “twee sokkerballe” (haar vergrote borste) gehad het. “Geen vrou kan met sulke goed rondloop nie. Sy is só deur Prinsloo opgeneem. Sy het geweet dit is nie reg nie... Sy het gedink, maar sy het nie diep genoeg gedink nie. Dis waar die probleem lê.”

Engelbrecht het gesê Visser se geleerdheid (sy het twee regsgrade met lof geslaag) speel nie ’n rol nie. “Hierdie vrou is down. Dan kom hierdie seksuele sadis op die toneel. Hy het die vermoë om hierdie kwesbaarheid by ’n vrou te sien. Dan zoom hy in.”

Waar Visser vitamienpille of slaai moes eet, het Prinsloo aan biefstuk gesmul. “Hy verdien alle spot en hoon. Sy moes haar waks! Dis seer!” het Engelbrecht betoog.

Engelbrecht het gesê die hof moet Visser se geloofwaardigheid beoordeel aan die hand van Scholtz se deskundige getuienis.
Wat vir die hof, staat en verdediging as “vreemd en leuens” voorkom, is vir Scholtz geloofwaardigheid binne die raamwerk van sy dissipline. Scholtz het bevind Visser is geloofwaardig.

- Die Burger

 

Lees meer oor: hofsake  |  kinderpornografie

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Bomb sê... Watse bus vat 92 mense? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.