Barbie 'het keuses uitgeoefen'

2009-08-28 16:02
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Cezanne Visser, oftewel adv. Barbie, wat daarvan beskuldig word dat sy saam met haar geliefde, Dirk Prinsloo, jong meisies seksueel mishandel het, sal tot Oktober toe moet wag om haar lot te hoor.

Regter Chris Eksteen het Vrydag haar saak tot die 6de Oktober uitgestel nadat die staat én die verdediging hul saak gestel het.

Johan Engelbrecht, SC, van die verdediging, het aangevoer dat Visser nie vir die 14 aanklagtes teen haar skuldig bevind kan word nie aangesien Prinsloo haar sò gemanipuleer het en dat sy dus nie ‘n wil van haar eie gehad het nie.

Die aanklaer, Andre Fourie, het egter geredeneer dat Visser twee grade in die regslui het en heeltemal bewus was van wat reg en verkeerd was. 

Hy het aangevoer dat sy ten alle tye haar vrye wil uitgeoefen het.

Visser staan onder andere tereg op klagtes van verkragting, bedrog en seks voor minderjarige kinders.

Beide Engelbrecht en Fourie het hul argumente op Jonathan Scholtz, die hoof van kliniese sielkunde by Weskoppies, se getuienis gebaseer.

Engelbrecht het gesé dat Visser níé haar vrye wil uitgeoefen het nie, maar dat sy gedwing was deur Prinsloo om sekere keuses te maak.

Dit het ooreengestem met Scholtz se getuienis dat Visser totaal en al haar wil met dié van Prinsloo vereenselwig het. 

Volgens hom kon sy dink, maar nie baie diep nie. 

Dit het niks met haar formele opvoedkunde uit te waai nie, het hy bybgevoeg.

Wat wél ‘n beduidende rol gespeel het, was die feit dat sy weerloos was en day hy wat Prinsloo is, dit teen haar gebruik het.

Fourie het egter geargumenteer dat Scholtz nooit gesê het dat Visser nie tussen reg en verkeerd kon onderskei nie, maar bloot dat sy minder verantwoordelik vir haar aksies was.

Hy het daarop aangedring dat Visser haar eie besluite toegepas het.

- Sapa

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Legend, het jy jou pille gekry. Ek het amper van my stoel af geval Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.