Barbie en Dirk se slagoffers praat

2009-10-11 12:13
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Hulle was onderskeidelik net elf en veertien toe hulle in die kloue van “Adv. Barbie”, Cézanne Visser, en Dirk Prinsloo beland het.

En die letsels van dié betasting, vibrator-speletjies en kaalswemmery was duidelik toe Rapport dié naweek eksklusief met een slagoffer én die ander se ma gesels het.

“Adv. Barbie” moet tronk toe,” sê Karen wie se lewe op veertien “deurmekaar gegooi” is deur wat Visser en Prinsloo aan haar gedoen het.

“Sy moet haar pak vat soos dit kom,” sê Karin (skuilnaam), nou 21.

Ook die ma van Talita (ook ’n skuilnaam), die elfjarige van destyds, sê aan Rapport die onsedelike aanranding en die uitgerekte hofsaak het ook op háár kind diep emosionele letsels gelaat.

Visser is Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind aan elf uit veertien aanklagte.

Dit sluit in onsedelike aanranding op drie minderjarige kinders asook op volwasse vroue, die uitlokking van ’n minderjarige tot onsedelike dade en die vervaardiging en besit van kinderpornografie.

Sy is ook skuldig bevind aan bedrog deurdat sy aan ’n kinderhuis voorgegee het om met Dirk Prinsloo, ook ’n advokaat, getroud te gewees het ten einde kinders oor naweke uit te neem.

“Dis sý wat die drinks gespike het,” sê Karen.

“Ek neem haar méér kwalik as vir Prinsloo, want sy het geweet wat sy doen. Sy het die meisies gekies en nou pak sy die skuld op hom.”

Regter Chris Eksteen het Visser se verweer verwerp dat sy in Prinsloo se magsweb vasgevang was en dat hy haar gemanipuleer het om aan dié dade mee te doen.

Wat Visser en Prinsloo aan haar gedoen het, het daartoe gelei dat sy ophou skool toe gaan het, sê Karen. Sy het aan dwelms verslaaf geraak het, en haarself gesny-kerf het, sê sy.

Verskeie merke op haar arms beaam dít.

“Ek is kwaad vir hulle, maar dit is verby. ’n Mens kan dit nie vergeet nie, maar ek het vrede gemaak daarmee.

“Ek hoop hulle kry wat hulle verdien.”

Karen sê haar ma en ’n maatskaplike werker het haar destyds teen Visser gewaarsku omdat daar toe reeds bewerings oor kinderpornografie was.

“Maar ek het gedink sy was ’n baie nice vrou. Sy het my uitgevat vir my verjaardag en dis toe wat alles gebeur het.”

Karin was verskeie kere in rehabilitasie vir dwelmverslawing en was ook drie weke lank vir depressie in die Weskoppies-hospitaal.

Tien maande gelede het sy die trotse ma van ’n gesonde blouoog-babadogtertjie geword. Haar gesig verhelder wanneer sy haar kind gaan haal om te wys.

“Sy is ’n wonderwerk. Dis sy wat my laat glo dat daar ’n God is.

Toe Karen getuig het, het sy aan haar jonger suster en later haar eie kind gedink: “Ek wil nie hê so iets moet met hulle gebeur nie.”

Talita, toe elf, was in ’n kinderhuis toe Visser haar raakgesien het en gereeld begin vra het om haar uit te neem.

Regter Eksteen het die afgelope week gesê dié meisie was duidelik baie getraumatiseer deur die gebeure by Visser en Prinsloo se huis.

Sy is die eerste keer in haar lewe met pornografiese tydskrifte en vibrators gekonfronteer. Sy moes toekyk hoe Visser ’n vibrator in haar eie private dele sit. Visser het aangebied om dieselfde met haar te doen.

Visser het haar ook betas en hulle het saam kaal geswem. Toe Prinsloo by die swembad opdaag, het Talita dadelik ’n handdoek om haar gedraai sodat Prinsloo haar nie kaal sou sien nie.

Talita se ma sê dié ervarings het haar kind rebels gelaat.

“Die hofsaak het haar boonop regtig baie geruk.”

Hoewel baie jare verloop het, het haar kind gevoelens van haat teenoor Visser ervaar toe sy haar in die hof sien.

Soos Karen het Talita ook nie haar skoolloopbaan voltooi nie.

Sy het haar bande met haar verlede verbreek en met ’n kêrel en haar kind na ’n ander stad verhuis. Sy en haar ma het min kontak.

Laurie Pieters, het einde 2001 vir vyf weke as Prinsloo se persoonlike assistent gewerk en lank daarna hul foto’s geredigeer.

Sy het ook in die Visser-saak getuig, en is deur Eksteen as ’n besonder goeie getuie bestempel.

Pieters sê Visser gee nie om wie se lewens verwoes is nie.

“Sy neem geen verantwoordelikheid vir wat gebeur het nie en is heeltemal selfgesentreer.”

Pieters is vandag ’n kriminoloog wat spesialiseer in die opstel van profiele van misdadigers.

Sy het aan Rapport gesê as Visser ’n mishandelde vrou (battered woman) was, soos wat sy in haar verdediging beweer het, sou sy jare lange terapie nodig gehad het.

Maar volgens Visser het sy nie berading nodig nie, sê Pieters.

- Rapport

Vir meer hieroor besoek Rapport

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Riekie sê... Innige simpatie met hierdie familie!! Mag hulle net krag van Bo ontvang om hulle deur die hartseer tydperk te dra. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior C# Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R450000 - R500000

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Assistant Financial Controller

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 229,900.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2009
R 129,995.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2007
R 89,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.