Baragwanath-hospitaal het weer krag
2010-05-20 11:00
Johannesburg – Kragtoevoer na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto is laat Woensdagaand herstel, het die departement van gesondheid in Gauteng gesê.
Die hospitaal is die afgelope twee dae sonder elektrisiteit gewees nadat verskeie kragkabels gesteel is, het Mandla Sidu, woordvoerder, gesê. Daar was glo nie genoeg geld om diesel vir die kragopwekkers aan te skaf nie.
Die hospitaal-bestuur moes verskeie operasies herskeduleer en ambulanse is weggewys na ander hospitale.
“Die goeie nuus is dat die kragtoevoer herstel is en dat niemand gesterf het as gevolg van hierdie misdaad nie,” het LUR Qedani Mahlangu in ‘n verklaring gesê.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.