Bank waarsku oor vals e-posse

2010-01-14 21:11
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Een van Suid-Afrika se grootste banke het Donderdag sy kliënte gewaarsku om nié hul internet-bankbesonderhede aan enigiemand bekend te maak nie.

Die waarskuwing het verduidelik dat enige e-posse wat klaarblyklik van Absa af kom en verbruikers vra om hul aantekenbesonderhede te verskaf, nie eg is nie.

"Een e-pos wat die rondte doen beweer dat Absa-rekeninghouers kwalifiseer om van hul bankkostes in 2009 te herhaal, mits hulle 'n skakel in die e-pos volg en hul persoonlike bankbesonderhede daar intik," het die bank in 'n verklaring gesê.

Nog 'n e-pos beweer Absa is besig om hulle aanlynsekuriteit op te skerp ná iemand probeer het om onwettig toegang tot die stelsel te kry.

Dit vra van gebruikers om 'n skakel te volg om sy/haar identiteit te bevestig en om te voorkom dat hul internet-bankdienste nie onbruikbaar raak nie.

"Hierdie is vals e-posse waarin elke moontlike sielkundige taktiek, van skok-, uitlok-, bangmaak- tot dreigtaktieke, direk deur die bedrieërs gebruik word om hul moontlike slagoffers te bereik," het Absa gesê.

Die bank het hul kliënte aangeraai om die e-posse uit te wis.

"Kliënte moet weet enige e-posse wat vir persoonlike inligting vra is verdag, veral wanneer dit by bankrekening- en kredietkaartnommers, sleutelwoorde en identiteitsnommers kom."

–Sapa

Lees meer oor: diefstal  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Bomb sê... Watse bus vat 92 mense? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.