Bande brand toe kinderhuis moet ontruim

2009-11-26 14:12
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Sowat 400 inwoners van Atlantis naby Kaapstad het Donderdag bande gebrand en polisie verhoed om mense by ‘n kinderhuis in die area uit te sit, het ‘n lid van die gemeenskap gesê.

“Gemeenskapslede staan by die hek en weier dat die polisie ingaan by die kinderhuis,” het Fiona Ranck gesê.

“Hulle glo dat die kinderhuis aan die gemeenskap behoort,” het sy gesê.

Volgens Ranck het sowat 40 polisielede probeer om ‘n familie en 60 kinders en hul besittings van die perseel te verwyder.

Matilda en Ronald Koopman, wat in beheer is van die Ebenezer kerk, het vir jare in die huis gewoon saam met hul ses kinders.

Hulle het in 2005 begin om kinderkinders en mishandelde kinders in te neem.

Met die hulp van Switserse befondsing wat deur die Atlantis Forum verkry is, is ‘n nuwe, groter huis op die perseel gebou om plek te maak vir al die kinders.

Die kinderhuis was nie geregistreer nie en die departement van sosiale dienste het vroeër die maand gedreig om dit te sluit omdat dit onwettig is.

Die Koopmans het probeer om gemeenskapslede betrokke te kry in die administrasie van die kinderhuis, maar die forum het beweer dat die huis hulle eiendom is en het die saak by die hof aangemeld, waarna hulle ‘n uitsettingsbevel ontvang het, het Ranck gesê.

Volgens die Wes-Kaapse ANC-organiseerder Mandla Nqwane, het die dooiepunt tussen die polisie en die gemeenskap drie dae gelede begin.

“Die gemeenskap betoog [teen] die verwydering van hierdie familie en hulle sal nie weggaan nie.

“Hulle [gemeenskapslede] is nou al vir drie dae hier. Sommige van hulle gaan na hulle huise om te eet en keer dan terug,” het hy gesê.

Die Koopmans se prokureurs gaan Donderdagmiddag ‘n ernstige aansoek indien om die uitsetting te keer.

- Sapa

 

Lees meer oor: betogings

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Bomb sê... Watse bus vat 92 mense? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.