Balju maak lys van Malema se bates

2010-10-19 07:31
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die balju van Sandton het Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, se luukse huis in Johannesburg Maandag besoek en ’n lys van sy bates gemaak.

Só het mnr. Mbuyiselo Botha, woordvoerder van die Sonke Gender Justice Network, Maandagmiddag gesê.

Die balju kan dus nou moontlik binnekort op genoeg van Malema se besittings beslag lê om die R50000 te verhaal wat hy nagelaat het om ingevolge ’n hofbevel aan People Opposing Women Abuse (Powa) te betaal. Hy het ook nie die openbare verskoning aangeteken soos hy deur die gelykheidshof gelas is om te doen nie. Die gelykheidshof het Malema in Maart skuldig bevind op aanklagte van haatspraak en teistering.

Botha het gesê hy is gelukkig dinge loop nou einde se kant toe.

“Vandag het gewys niemand in Suid-Afrika is bo die wette van die land verhewe nie,” het hy gesê.

Botha het nou die mag om sy prokureurs opdrag te gee om die balju te vra om beslag te lê op bates ter waarde van R50000.

Sonke Gender Justice Network het Malema gelykheidshof toe gesleep nadat hy verlede jaar sy mond uitgespoel het oor die vrou wat pres. Jacob Zuma van verkragting beskuldig het.

Malema het ná die uitspraak aangedui hy wil appelleer.

Die 60 dae wat hy daarvoor gehad het, het intussen verstryk sonder dat hy appèldokumente ingedien het.

Nie Tumi Mokwena, Malema se prokureur, Floyd Shivambu, ANC-jeugliga-woordvoerder, of Malema self het op navrae gereageer nie.

- Die Burger

Lees meer oor: julius malema  |  hof  |  haatspraak

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Bomb sê... Watse bus vat 92 mense? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2008
R 94,990.00

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 152,000.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.