Balju klop weer aan Gauteng-premier se deur

2012-01-29 14:27
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die balju het vir die tweede keer in drie dae aan die deur van die Gautengse provinsiale regering geklop weens die provinsie se versuim om 'n hofbevel te gehoorsaam, het die DA Sondag gesê.

Die balju het Vrydag by die kantoor van die Gautengse premier, Nomvula Mokonyane, opgedaag om meubels op te skryf ná die gesondheidsdepartement versuim het om R6.3 miljoen rand te betaal weens 'n eis as gevolg van mediese nalatigheid, het Jack Bloom, DA-woordvoerder, gesê.

Die saak, wat verlede jaar op 5 September in die hooggeregshof in Pretoria afgesluit is, is deur Shabbier Nagel teen die provinsiale regering aanhangig gemaak. Hy is in die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria opgeneem vir 'n hartoperasie, maar sy regterbeen is geamputeer.

Volgens Bloom het die balju Vrydag by die premier se kantoor aangekom en die grootste deel van die oggend met die premier se regsverteenwoordigers vergader. 'n Ooreenkoms is bereik waarvolgens die provinsiale regering die volle bedrag teen Vrydag, 3 Februarie sal betaal.

"Die vertraging in die betaling het, teen 'n rentekoers van 15.5%, nog R320 000 by die bedrag gevoeg wat deur die Gautengse provinsiale regering betaal moet word. Dit kon gespaar gewees het deur betyds te betaal."

Dieselfde toneel het hom Woensdag afgespeel toe die balju by Mokonyane se kantoor opgedaag het om meubels op te skryf omdat die provinsiale regering versuim het om 'n bedrag van R9.25 miljoen se skadevergoeding uit te betaal aan 'n seun wat breinskade opgedoen het weens nalatigheid by 'n openbare hospitaal.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

Lees meer oor: nomvula mokonyane  |  gauteng  |  hofsake

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Amanda sê... Ek dink as die swartes kan tooi tooi, moet ons wittes dit ook doen eendag en almal op trek en almal optrek na die ANC HUIS en gaan klippe gooi en tyres brand tot Zuma se hy bring die doodstraf terug. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

IT Manager

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2011
R 144,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2008
R 255,000.00

FORD

Fiesta 1.6 Ambiente 5-dr AT MY06
2007
R 112,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Ghost Recon Future Soldier

Vanaf: R349.95

Beplan, vernietig, infiltreer. Verloor jouself in die toekoms van oorlogvoering, word 'n Future Soldier met Gost Recon.Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.