Bakkie ry oor eenjarige
2010-01-05 02:34
Johannesburg - ’n Eenjarige seun van Willowmore is dood toe ’n bakkie oor hom gery het, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
Volgens insp. Zandisile Nelane het die bestuurder van die bakkie Maandag omstreeks 13:15 iemand in Boesakstraat, Willowmore, besoek. Ná afloop van die besoek het hy in sy bakkie geklim en gery.
“Dit het gevoel asof die bakkie oor ’n klip ry, maar toe die bestuurder by die venster uitkyk, het hy die kind onder die bakkie se wiel gesien,” het Nelane gesê.
Die kind is na ’n hospitaal gehaas, maar is op aankoms dood verklaar.
Die bestuurder is getoets vir alkohol en dwelms. ’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.
-Sapa