Bakkie ry 11-jarige dood, bestuurder vlug
2011-07-26 23:08
Johannesburg – ‘n Elfjarige seun is Dinsdagmiddag deur ‘n bakkie doodgery in Besters naby Ladysmith, het paramedici van KwaZulu-Natal gesê.
Die seun het langs die kant van die pad gestap toe die bakkie hom getref het, het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ‘n verklaring gesê.
Paramedici het die seun gevind waar hy sowat agt meter teen ‘n wal op langs die bakkie gelê het.
Die bestuurder het van die toneel gevlug.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA