Baie onnies dop laerskool-wiskundetoets
2011-10-11 19:01
Kaapstad – Baie Suid-Afrikaanse onderwysers kan nie wiskunde-vrae beantwoord wat gebaseer is op die kurrikulum wat 'n jaar of twee hoër is as die graad wat hulle aanbied nie, het 'n studie bevind.
Slegs 'n gemiddeld van 53% onderwysers wat wiskunde vir gr.4-leerders aanbied kon drie jaar gelede 'n eenvoudige vraag oor breuke, wat gebaseer is op die gr.6-kurrikulum, korrek beantwoord, het 'n studie bevind.
'n Gemiddeld van 72% van gr.5-onderwysers het dieselfde vraag – 1/4 + 3/5 – in 2009 korrek beantwoord.
Altesaam 268 skole in agt provinsies, uitsluitend Gauteng, het aan die studie, wat deur JET Education Services gedoen is, deelgeneem. Navorsers het 8 383 kinders oor 'n tydperk van drie jaar, van gr. 3 in 2007 tot gr. 5 in 2009 gemonitor.
Dr. Nick Taylor van JET gesê die swak vakkennis van onderwysers "moet 'n groot effek hê op die kinders se onderwys".
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter