Bafana-ster vas oor dronkbestuur
2011-03-29 08:58
Johannesburg – Die Bafana Bafana-doelskieter Katlego Mphela is in Sandton in hegtenis geneem op aanklag van dronkbestuur, het die polisie Dinsdag gesê.
"Mnr. Mphela is in hegtenis geneem en op borgtog van R1000 vrygelaat," het lt. kol. Lungelo Dlamini gesê.
Dlamini het gesê die doelskieter, bekend as Killer, wat Bafana Bafana se enigste doel aangeteken het vir hul sege oor Egipte die afgelope naweek, is omstreeks 05:00 Maandagoggend in Bryanstonweg in hegtenis geneem.
"Hy is tydens 'n roetine patrollie afgetrek en toe die polisie met hom praat, het hulle besef hy is nie nugter nie."
Mphela verskyn weer op 4 Oktober in die Alexandra-landdroshof.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA