‘Bafana Bafana’-rowers vas
2010-04-17 04:33
Johannesburg – Drie mans wat in Bafana Bafana-hemde geklee was, is in hegetenis geneem vir ‘n inbraak by ‘n huis in Sandton, het die Johannesburgse metropolisie Vrydag gesê.
Volgens supt. Wayne Minnaar is die polisie Donderdagaand in kennisgestel dat rowers besig is om by ‘n huis in te breek.
Daar word beweer dat die mans by ‘n paar huise in die area ingebreek het, het Minnaar gesê.
Die polisie probeer vasstel of hulle by enige ander sake betrokke was.
Die mans verskyn Maandag in die landdroshof in Randburg.
- Sapa