‘Babasterftes was nie nalatigheid’
2010-07-21 14:30
Johannesburg – Die departement van gesondheid in Gauteng het Woensdag sy hande in onskuld gewas nadat ses vroeggebore babas in ‘n plaaslike hospitaal gesterf het.
Dít ten spyte van die feit dat swak higiëniese toestande geïdentifiseer is as een van die faktore wat moontlik bygedra het tot die sterftes.
“Die babas het die norovirus, ‘n algemene gastro-intestinale virus, opgedoen. Hierdie virus kan maklik versprei,” het Qedani Mahlangu, LUR van gesondheid, aan verslaggewers gesê.
“Die hospitaal se verduideliking was voldoende. Ons het bevind dat geen nalatigheid plaasgevind het in verband met die versorging van die pasiënte nie.”
Die dood van die ses babas by die Charlotte Maxeke-hospitaal het in Mei-maand skokgolwe deur die land gestuur.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA