Babas wat sterf 'is nie 'n krisis'

2011-03-13 11:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Minstens 81 babas het in Januarie en ­Februarie in twyfelagtige omstandig­hede in ’n hospitaalkompleks in Oos-Londen gesterf, maar dié provinsie se gesondheidsowerheid sê dit is nie ’n krisis nie.

Volgens die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement moet die provinsie se in­woners “hul leefstyl begin verander”.

Die 81 sterftes het voorgekom in twee hospitale wat deel is van dieselfde kompleks in Oos-Londen.

In die Cecilia Makiwane-hospitaal het 44 babas die afgelope twee maande gesterf, en in die Mt. Frere-hospitaal het nóg 37 binne net 48 uur gesterf.

Die Mt. Frere-hospitaal was vier jaar gelede ook in die nuus nadat talle babas daar gesterf het, onder meer in broeikaste, weens “nalatigheid en swak bestuur”.

Khaya Sodidi, Oos-Kaapse organiseerder van die verpleegstersvakbond Denosa, het die afgelope week gesê die gesondheidstelsel in die Oos-Kaap stort in duie.

“Die babasterftes kom al sedert 2008 voor. Daardie jaar het ses babas in verdagte omstandighede in staatshospitale gesterf. In 2009 was dit 150 en verlede jaar 180.

“Denosa het dus ’n probleem met die provinsiale owerheid se stelling dat daar geen krisis is nie. Dit is ’n reuse-krisis.”

En volgens Sodidi is die babasterftes net die puntjie van die ysberg.

“Daar is te veel korrupsie in dié departement. Talle amptenare word tans ondersoek weens bedrog van R45miljoen waarmee medisyne en toerusting aangekoop moes word.”

Volgens Sodidi het Denosa se eie ondersoeke oor die babasterftes getoon daar is talle bydraende faktore.

“Die grootste is die chroniese tekort aan verpleegsters by staatshospitale.

“Altesame 35% van die poste is vakant. Denosa wys die departement al sedert 2004 daarop, maar daar is ’n morato­rium op die opleiding van nuwe verpleegsters vir 2011 en 2012.

“Dít sodat die departement ’n agterstand van R1,2 miljard op sy begroting kan uitwis. Dit beteken 700 nuwe verpleegsters per jaar kom nou nie in die hospitaalstelsel nie.”

Hy sê daar ook ’n tekort aan mediese toerusting en toerusting word dikwels nie in stand gehou nie.

Sizwe Kupelo, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van gesondheid, sê die Cecilia Makiwane-sterftes word tans ondersoek.

“Ons is bekommerd oor die hoë sterftesyfer onder babas, maar daar is nie ’n krisis nie. In dieselfde tydperk is 702 gesonde babas in dié hospitaal gebore.”

Kupelo sê baie babas sterf weens die vigspandemie.

“Verder besoek swanger vroue vals dokters vir aborsies en as dit skeefloop, sit staatshospitale daarmee opgeskeep.

“Ons moet mense ook opvoed om nie te rook of alkohol te misbruik terwyl hulle swanger is nie, en dat mans vroue nie tydens swangerskap moet aanrand nie.

“Dit is demoraliserend vir dokters en verpleegsters as die media sensasioneel oor die sterftes berig.

“Dit jaag net mense weg van staatshospitale af.”

Syfers

- 2005: Mahatma Gandhi-gedenkhospitaal, Durban: 22 babas sterf weens klepsiella. Die rede was “’n gebrek aan geld en hulpbronne”.

- 2007: Mt. Frere-hospitaal, Oos-Londen: 104 babas sterf tussen Januarie en Mei weens nalatigheid en swak bestuur.

- 2007: Prince Mshiyeni-hospitaal, Durban: 6 babas sterf weens klepsiella. Oorvol sale, min personeel, vuil toerusting en verpleegsters met vuil hande is die redes.

- 2008: Cloete Joubert-hospitaal, Barkly-Oos: 78 babas sterf weens besmette water. Die hospitaal het te min binneaarse vloeistof en antibiotika gehad.

- 2009: Mahatma Gandhi-gedenkhospitaal, Durban: 407 babas sterf: 285 aan TB-verwante siektes, 52 vroeggebore babas en 64 weens lae geboortegewig.

- 2010: Charlotte Maxeke-hospitaal, Johannesburg: 6 pasgebore, ondergewig babas sterf weens diarree. Die saal was oorvol.

- 2010: Natalspruit-hospitaal in Kathlehong: 11 babas sterf. Som­mige is doodgebore en ander was ondergewig.

- 2010: Nelson Mandela-hospitaal, Mthatha: Die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement bevestig 181 sterftes.

- Rapport

Lees meer oor: babas  |  hospitale

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Bomb sê... Watse bus vat 92 mense? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2008
R 94,990.00

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 152,000.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.