Babas wat by kliniek sterf natuurlik dood
2011-06-22 17:04
Kaapstad – Nadoodse verslae van twee babas van Manenberg in Kaapstad, toon dat die kinders weens natuurlike oorsake dood is.
Die kinders is dood nadat hulle op 1 Junie na die plaaslike kliniek geneem is.
Die nadoodse verslag van die drie maande oue Tyler le Grange toon dat haar dood nie verband hou met die inenting wat sy vroeër daardie dag gekry het nie.
Ivan Bromfield, woordvoerder van die stad Kaapstad, het gesê gemene spel word ook nie vermoed in die dood van die ses maande oue Zakia Williams nie.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA