Babas sterf ure ná inentings
2011-06-02 12:56
Kaapstad – Twee drie maande oue babas het ure na mekaar gesterf nadat hulle hul roetine-inentings by 'n kliniek in Manenberg, Kaapstad, ontvang het, berig iol.
Die oorsaak van die babas se dood is nie bekend nie.
Ao. November Filander, polisiewoordvoerder, het die meisie en seun se dood bevestig.
"Die oorsaak van hul dood is nie bekend nie, maar 'n dossier vir ’n geregtelike doodsondersoek is by die Manenberg-polisiekantoor geopen."
Twee babas is Dinsdag by 'n kinderhuis in Pinelands dood. Die sterftes val saam met Kinderbeskermingsweek wat fokus op die beskerming van die regte van kwesbare kinders.
Die Wes-Kaapse Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Albert Fritz, sê goeie vordering is gemaak met die ondersoek na die sterftes in Pinelands.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter