Babas is ‘bloot weggegooi’

2010-11-05 08:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Gautengse lykhuise ontvang al hoe meer lyke van weggooibabas wat in vullisblikke en op ashope gelos is.

“Ons sien veral ’n toename in die Johannesburgse middestad en noordwestelike voorstede, maar ons weet nie hoekom nie,” het prof. Jeanine Vellema van die Johannesburgse forensiese patologiediens Donderdag gesê.

Verlede jaar se statistieke van tien lykhuise in die provinsie is gister bekend gemaak.

Navorsers van die Mediese Navorsingsraad (MNR) en Unisa het inligting ontleed om na die oorsake vir onnatuurlike sterftes in die provinsie te kyk.

Geweld was die hoofoorsaak (32,4%), gevolg deur padongelukke (28,7%) en selfmoord (11,3%).

446 van die 11 329 sterftes wat ondersoek is, is dié van babas wie se doodsoorsake nie bepaal kon word nie.

Vellema het verduidelik dit sluit die lyke van geaborteerde fetusse en weggooibabas in.

Sommige van die fetusse was op ’n lewensvatbare ouderdom.

“Ons weet nie of mense nie weet wat om te doen met babas wat tydens of kort ná geboorte doodgaan nie. Die mense gooi hulle bloot weg.”

Die verslag het getoon meer as agt uit elke tien mense wat weens geweld, padongelukke of selfmoord dood is, was mans.

Volgens mnr. Hilton Donson, ’n koör­dineerder van die MNR se nasionale moniteringstelsel van sterftes weens beserings, is 3 284 mense in padongelukke dood. 1 346 mense is doodgeskiet, 1 040 is doodgesteek, 922 is met ’n stomp voorwerp doodgeslaan en 89 mense is verwurg of versmoor.

Meer voetgangers is op die paaie doodgery as die totale getal bestuurders en passasiers wat verongeluk het.

Luidens die verslag het byna die helfte van mense wat in geweldsvoorvalle en padongelukke dood is en getoets is, alkohol in hul bloed gehad.

Voetgangers wat doodgery is se bloedalkoholvlakke was gemiddeld vier keer hoër as die wettige perk van 0,05 g per 100 ml bloed.

Prof. Melvyn Freeman, bestuurder van nie-oordraagbare siektes in die departement van gesondheid, het gesê beter poli-siëring van dronkbestuurders en hoër belasting op drank kan dié probleem verlig.

Hy het ook na vervaardigers gekap wat die wetsvereiste verontagsaam dat gesondheidswaarskuwings ’n agtste van drankhouer-etikette moet beslaan.

Die verslag toon voorts 16 tot 17 uit elke 100 000 Gautengers het in 2009 selfmoord gepleeg.

’n Geraamde 41,6 uit elke 100 000 Gautengers sterf in padongelukke, heelwat meer as die internasionale gemiddelde van 20,8 per 100 000.

Die voorkoms van 45,1 geweldsterftes per 100 000 mense is heelwat meer as die polisie se raming van 38 per 100 000.

Dit is vermoedelik te wyte aan die verskillende maniere waarop rekord van lyke gehou word.



Lees meer oor: kindersterftes  |  baba  |  lyke

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Bomb sê... Watse bus vat 92 mense? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2008
R 94,990.00

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 152,000.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.