Babameisie in Bloem ontvoer
2009-10-17 16:59
Johannesburg - 'n Reusesoektog is van stapel gestuur na 'n man wat glo 'n 17 maande oue baba meisie in Botshabelo in die ooste van Bloemfontein ontvoer het.
Sers. Harry Nagel, 'n polisiewoordvoerder, het Saterdag gesê die voorval het net voor 23:00 Vrydagaand plaasgevind.
"Die kind se ma het 'n begrafnis-nagwaak bygewoon en was besig om in die huis te werk. Ná 'n ruk het die ma besef die kind is nie meer in die huis nie."
Ná 'n ondersoek is die ma in kennis gestel dat 'n onbekende man die kind gevat het.
'n Saak van ontvoering word ondersoek.
– Sapa