Baba verkool in brand by veiligheidshuis
2011-07-18 12:27
Kaapstad – 'n Babaseun (20 maande) het doodgebrand en 21 ander kinders is haweloos ná 'n brand by 'n veiligheidshuis in die Paarl, het die polisie gesê.
Die brand het omstreeks 02:00 by die Mirriam's House of Safety uitgebreek. Die babaseun se lyk is gevind ná die brand geblus is.
Kobus Erasmus, 'n plaaslike priester, het gesê die bure se huis het eers gebrand voordat die brand na die veiligheidshuis versprei het.
"Die bure was besig om te kook toe die brand ontstaan. Die huis is heeltemal verwoes."
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter