Baba sterf toe hy suster oor pad volg

2010-01-06 09:30
Tweets Share Share line Print

Clarissa Venter

Port Elizabeth – ’n Babaseuntjie wat glo agter sy sussie aangekruip het toe dié oor die straat gestap het, is voor sy ouerhuis in Willowmore in die Oos-Kaap doodgery.

“Ek sien steeds my seun se lykie voor my,” het ’n geskokte Elmarie Pietersen (26) gesê.

Elviro Pietersen (1) het eergistermiddag gesterf.

“Ons dink hy het sy ouer sussie, Kaylee-Ann (3), agtervolg toe sy na die bure gestap het,” het Pietersen gesê.

Die tragedie het omstreeks 12:45 voor die gesin se huis in Boesakstraat in die Vaalblok-woonbuurt gebeur.

“Ek was in die kamer besig en het skielik mense hoor skree.

“Toe ek buitentoe gaan, het ek gesien my kind lê onder die bakkie se wiel. Ons het die ambulans gebel en Elviro is hospitaal toe gevat, maar hy is reeds by aankoms dood verklaar.”

Volgens insp. Matthews Nelane, speurdiensbevelvoerder in Willowmore, is die polisie onmiddellik ontbied.

“Die bestuurder en sy neef was in ’n bakkie en het glo aan die verkeerde kant van die pad, voor Pietersen se bure, stilgehou,” het Nelane gesê.

Die twee mans het in die bakkie gesit en gesels.

“Ná ’n rukkie het hulle vertrek en oor die kind gery.

“Hulle het aanvanklik eers gedink dis ’n klip, maar toe die passasier by die venster uitkyk, het hy gesien dis ’n kind,” het Nelane gesê.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

“Ons wag op bloedmonsters wat van die bestuurder geneem is. Die padwaardigheid van die voertuig word ook ondersoek,” het Nelane gesê.

Elviro word op 16 Januarie begrawe. Hy laat ook Kallie Booysen (24), sy pa, agter.

- Beeld

Lees meer oor: ongelukke

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Daizy sê... Wessel come to think of it, ek hoop daai baba kry darem so ietsie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Astra Classic 1.8 CDE AC
2007
R 129,995.00

NISSAN

Hardbody 3200 D-Cab SE Dsl
2003
R 101,400.00

BMW

Z3 3.2 M Coupe
2003
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.