Baba sterf ná hy op vloer val

2010-03-09 09:28
Tweets Share Share line Print

Susan Cilliers

Johannesburg - Die polisie ondersoek die dood van ’n baba wat op die vloer te lande gekom het nadat sy ma op ’n rolstoel in ’n private hospitaal geboorte gegee het.

’n Verpleegsuster by die Lenmed- private hospitaal in Lenasia, suid van Johannesburg, het glo aan Lorraine Ratshefola gesê omdat sy al twee kinders gehad het, is sy “ervare” en moet sy “uithou”.

Dít nadat Ratshefola gesê het die baba is reeds besig om te kom.

’n Verpletterde Ratshefola en haar man, Ernest, van Kagiso aan die Wes-Rand het hul seuntjie Ofentse eergister begrawe.

Die ouerpaar het altesame R6 800 uit hul sak vir die bevalling op 26 Februarie en ’n vroedvrou betaal omdat hulle “die beste” vir hul derde kind wou gehad het, het hulle gister vertel.

Hulle het die eerste betaling reeds in Januarie gedoen en die geboorte bespreek.

Lorraine se verwagte kraamdatum was 22 Maart, maar sy het op 26 Februarie geboortepyne begin kry.

“Ons het die vroedvrou gebel. Sy het gesê sy sal ons daar kry,” het Lorraine vertel.

Terwyl sy in ’n rolstoel na die kraamsaal gestoot is, het sy gevoel die baba se koppie kom reeds uit. Verpleegsusters het glo gesê sy moet net “uithou”, maar die baba het op die vloer geval.

“Ek het oor en oor gevra of my baba oukei is. Die verpleegsusters het my nie geantwoord nie.”

Een van die verpleegsusters het glo toe handskoene gaan haal, die baba opgetel, op sy ma se skoot gesit en gesê hy is dood, maar nie weens die val nie.

“Hulle het gesê hy is al twee tot drie dae dood, die naelstring geknip en hom weggevat,” het Lorraine gesê. Die vroedvrou het kort daarna eers opgedaag.

Lorraine glo nie haar baba is voor geboorte al dood nie. “Ek het hom tot op die einde voel beweeg. By my laaste
ginekologiese besoek op 9 Februarie was alles nog reg.”

Lorraine het dr. Christopher Kibuuka, ’n ginekoloog by die Krugersdorp-hospitaal, gedurende haar swangerskap gesien.

Hy kon nie die bevalling behartig nie omdat hy nie by die Lenmed-kliniek werk nie. Die Ratshefolas het daarom op ’n vroedvrou besluit.

“Het ons baba nog geleef toe hy gebore is? Jok die hospitaal vir ons? Waar was God?” het Lorraine gister gevra.

’n Lykskouing is reeds gedoen as deel van ’n geregtelike doodsondersoek, het kapt. Mbulaheni Netshivodza, polisiewoordvoerder, bevestig.

‘Die kind was reeds ’n tydjie lank dood’

Die meeste vroue word in rolstoele na die kraamsaal gestoot, maar Lorraine se kraamproses was al ver gevorder toe sy by die Lenmed- private hospitaal opgedaag het.

“Haar geval was uitsonderlik,” het dr. Arthur Manning, hospitaalbestuurder, gister gesê.

Suster Mary Payne, ’n vroedvrou met drie dekades ondervinding, sê sy het Lorraine al op 12 Desember verlede jaar gewaarsku dat sy nié haar bevalling kan behartig nie en haar terugverwys na haar ginekoloog.
 
“Sy het al drie miskrame gehad en ek is nie opgelei om abnormale gevalle te behartig nie. Ek was verras toe sy my op 26 Februarie bel. Ek het gesê sy moet na Lenmed gaan, maar ek sou haar in elk geval na ’n ginekoloog moes verwys. Sy het ook nie aan die verpleegpersoneel gesê sy het miskrame gehad toe sy in kraam daar opdaag nie.”

Payne sê toe sy by die hospitaal kom, was die baba reeds gebore. “Sy naelstring was swak en sy velletjie het reeds afgeskilfer.
 
Hy is duidelik ’n tydjie voor sy geboorte al dood. Swanger vroue kan steeds beweging voel, al is hul babas dood omdat die baba saam met hulle beweeg.”

Volgens Manning was die Ratshefolas se hospitaalbespreking in Januarie onvoldoende, onder meer omdat hulle nie aangedui het wie die geboorte sal behartig nie.

Manning het ook gesê die baba is klaarblyklik meer as 24 uur voor die geboorte reeds dood.

“Sy (Lorraine) het weens haar ginekologiese geskiedenis geweet sy is ’n risikogeval. Sy moes van die begin af gereël het dat ’n ginekoloog haar in Lenmed bystaan.” 

- Beeld

Lees meer oor: sterftes

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sarel sê... Dit sal ook vir ons n teken wees wat ons van nou af sal moet doen om seker te maak ons oorleef. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2005
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.