Baba sterf in motorongeluk

2012-01-03 07:46
Tweets Share Share line Print

Die Burger-boeties is net voor Kersfees afgeneem. Links is Luka (9 maande) en regs is Ewan (4). Foto: Verskaf

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kimberley – Wat die begin van ’n droomvakansie sou wees, het Saterdagoggend in ’n nagmerrie verander toe ’n egpaar van Modderrivier in ’n motorongeluk naby Victoria-Wes was en hul nege maande oue babaseuntjie dood is.

Die ongeluk het omstreeks 06:00 tussen Britstown en Victoria-Wes gebeur.

Dewald Burger (34), sy vrou, Clivé (38) en hul seuns, Ewan (4) en Luka (9 maande), was op pad na Tergniet en Hartenbos om hul eerste “ware vakansie in sewe jaar sonder ’n skootrekenaar” te geniet.

Die egpaar het gister in die Mediclinic Kimberley aangesterk, waar hulle ook berading ontvang het.

“Ek is altyd so veiligheidsbewus. Almal was vasgegespe. Evan het op die sitplek gelê en slaap. Luka was in sy babastoeltjie,”

“Ek weet nie wat gebeur het nie. Ek het beheer oor die bakkie verloor. Dit het begin rol,” sê mev. Burger.

Mnr. Burger sê die bakkie het uiteindelik op sy dak geland. Hy was aanvanklik baie deurmekaar.

“Ek het my kop hard gestamp. Ek het Evan oor die pad sien loop en gehoor hy roep na sy ma.

“Toe gaan sit ek net om tot my sinne te kom,” sê hy.

“Motoriste het gestop. Daar was nie selfoonontvangs nie. Een van dié mense, Bennie Steenkamp van Victoria-Wes, het dorp toe gery om hulp te ontbied. Ons het intussen verneem ons baba is oorlede.

“Die ander mense op die toneel het al ons besittings, wat oor die toneel gestrooi was, opgetel. Ons is baie dankbaar teenoor hulle.

“Die ambulansdiens was baie vinnig op die toneel.

“Ons is na die Victoria-Wes- hospitaal geneem,” sê hy.

Die gesin is Sondag na die Mediclinic Kimberley gebring waar hulle saam in ’n private saal aansterk.

Mnr. Burger het sy skouer en elmboog beseer. Mev. Burger se lyf is vol diep snye en skraapmerke. Klein Evan het skraapwonde oor sy lyfie nadat hy eerste uit die rollende motor geval het. Almal is styf en seer.

“Luka was die vriendelikste baba ooit. Hy was mal oor swem. Ek was so opgewonde om saam met hom in die see te swem,” sê mev. Burger

Sy is ’n professionele swemafrigter, fotograaf en aanlyn-joernalis.

“Ons het natuurlik baie vrae oor hoekom dit gebeur het. Daar lê ’n lang pad voor,” sê sy.

“Gelukkig is albei families by ons om ons te onderskraag.”

Me. Burger was van 1995 tot 2000 ’n verslaggewer van Volksblad en het ook vroeër as nuuskorrespondent vir Ofm gewerk.

Haar man is ’n graanbemarker by Griekwaland-Wes-koöperasie (GWK). 

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Kompressie pitte??? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2008
R 94,990.00

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 152,000.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.