Baba sterf in kokende water
2010-07-09 11:59
Johannesburg – ‘n Eenjarige meisie is dood nadat sy in ‘n bak vol kokende water in Jabulani geval het, het die polisie Vrydag in Soweto gesê.
Volgens ao. Kay Makhubele het die babameisie se ouer suster ‘n bak vol kokende water in die kombuis gemaak en toe die kamer verlaat.
Die voorval het Donderdagaand omstreeks 20:45 gebeur.
“Toe die pa ‘n paar minute later in die kombuis kom het hy die baba in die water aangetref. Die baba het met haar aankoms by die hospitaal gesterf.”
Die polisie ondersoek die saak, het Makhubele gesê.
“Indien ondersoeke aandui dat iemand nalatig was, sal die klagte van nalatigheid na strafbare manslag verander word en die persoon verantwoordelik gearresteer word.”
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA