Baba sterf in asblik
2011-06-14 12:12
Durban – 'n Babaseun is dood gevind in 'n vullisblik in Umbilo, het paramedici in Durban Dinsdagoggend gesê.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare, het gesê die kind is in die vullisblik gegooi en het weens die koue gesterf.
"Paramedici het 'n oproep van lede van die publiek ontvang nadat die kind in 'n vullisblik gevind is. Met hul aankoms op die toneel, was die kind reeds dood."
Die polisie in Umbilo ondersoek die saak.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA