Baba sterf in Worcester-ongeluk
2010-05-10 20:12
Johannesburg – ‘n Twee maande oue baba is dood toe twee motors trompop teen mekaar gebots het aan Paarl se kant van die Worcester-tonnel, het paramedici gesê.
Volgens Vanessa Jackson, ER23-woordvoerder, is die baba dood in die agterste sitplek gevind.
Die baba was nog in die sitplek gegordel.
“ ‘n Dertigjarige vrou wat die motor bestuur het was in die voertuig vasgekeer en was deurmekaar toe die paramedici gejaag het om haar te behandel,” het Jackson gesê.
Die vrou het beide haar bene op verskeie plekke gekraak.
Haar man, wat in die voorste passasiersitplek was, was behandel vir moontlike krake in sy gesig.
Die paartjie se vyfjarige seun is nie beseer nie.
Die vrou is met ‘n helikopter hospitaal toe geneem.
Die bestuurder van die ander motor is nie beseer nie.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.