Baba sterf by crèche in Rosestad

2011-03-15 06:55
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - ’n Pa van Verkeerdevlei oorweeg regstappe nadat sy babaseuntjie van nege maande in die Universitas-staatshospitaal se crèche in Bloemfontein dood is.

Phillip Geldenhuys sê hy en sy vrou, Nthabiseng, het ’n jaar en ’n half gewag vir haar om met Gabriel Giovanni, haar eersteling, swanger te word.

Sy vorige vrou, Joey (53), en húl dogtertjie, Marlise (9), is onderskeidelik weens kanker en longonsteking nadat sy waterpokkies opgedoen het, oorlede.

Gabriel, wat Mannetjie genoem is, is die afgelope tyd na die crèche gebring, want die afgetrede mnr. Geldenhuys het die gesin se huis opgeknap.

Sy vrou, ’n laboratorium-assistent van die nasionale gesondheidslaboratoriumdienste (NHLS) in die Universitas-hospitaal, het die seunjie verlede Dinsdagoggend by die crèche afgelaai. Die middag het sy ’n oproep gekry waarin sy na die crèche ontbied is.

Sy en haar man vermoed hul babaseuntjie was toe reeds dood.

Die egpaar sê hulle het verneem volgens die nadoodse ondersoek blyk dit die kind het versmoor.

Die onstelde ouers meen die crèche se personeel was nalatig.

Volgens lt.kol. Annelie Wrensch, polisiewoordvoerder, is die lykskouingsverslag onafgehandel en kan die oorsaak van die kind se dood nie bevestig word nie.

Mnr. Geldenhuys sê hulle word nou leuens deur van die crèche se pesoneel gevoer.

“Hulle sê hy was van die oggend af siek.”

’n Ander werker hier het volgens die egpaar vir hulle gesê toe sy omstreeks 13:00 van diens gegaan het, het hul babatjie niks makeer nie.

Dié werker wou nie gister kommentaar aan Volksblad lewer nie.

Volgens die egpaar was hul kind sterk en gesond.

“Van geboorte af was hy nooit siek nie,” sê mnr. Geldenhuys.

Sy vrou sê die babaseuntjie het altyd geglimlag.

Volgens haar man was Gabriel ’n lewendige kind.

“Ek sal hom regtig mis,” sê mnr. Geldenhuys deur die trane.

Volgens hom oorweeg hulle regstappe.

Hulle wag net vir die volledige uitslae van die die nadoodse ondersoek.

“Dit (sy kind se dood) is onaanvaarbaar.”

Volksblad het Maandag navraag by Jabu Mbalula, woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, oor Gabriel se dood gedoen.

Hy het bevestig hy het die e-pos ontvang en dit na die relevante mense in die hospitaal gestuur, maar teen druktyd is nog geen antwoord ontvang nie.

Die babaseuntjie word Woensdag om 14:00 uit die NG kerk op Verkeerdevlei begrawe.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
34 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Kompressie pitte??? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2008
R 94,990.00

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 152,000.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.