Baba steeds vermis

2010-04-26 11:42
Tweets Share Share line Print

Kobus Pretorius, Die Burger

Kaapstad - “Geen ma kan dit hanteer nie. Dit voel soos ’n droom.”

Dit is hoe die suster van die vrou wie se babadogter Vrydag ontvoer is, die situasie waarin haar suster haar bevind, beskryf.

Die baba, wat nog nie ’n naam het nie, is Donderdag omstreeks 06:45 gebore. Die kind se ma, Zukiswa Sikuni (31), is omstreeks 12:00 uit die Mitchells Plain-daghospitaal ontslaan.

Sikuni, wat nog aan skok ly, het Sondag by haar huis in Samora Machel met behulp van haar ouer suster, Letta Sikuni, aan Die Burger vertel wat gebeur het.

“Ek het Vrydagoggend teruggegaan hospitaal toe vir ’n opvolgbesoek. Ek het langs ’n vrou gaan sit wat met die ander mense in die wagkamer gesels het.

“Sy het na my toe gedraai en gevra of sy my kan help om die baba reg in haar kombers toe te draai.”

Ná die besoek het Sikuni uitgekom en gesien die vrou is steeds daar.

“Sy het gevra of sy my kan help deur die baba te dra.”

Terwyl hulle na die Mitchells Plain-taxistaanplek geloop het, het die vrou R10 uitgehaal en vir Sikuni gevra om vir haar ’n koeldrank langs die pad by een van die stalletjies te koop.

“Toe ek terugkom by die plek waar hulle gestaan het, was sy en my baba weg.”

Sikuni het ’n polisiereservis in die omgewing om hulp gevra, maar volgens haar wou hy haar nie help nie.

Volgens Letta is haar suster toe na die polisiekantoor waar sy die saak aangemeld het.

“My suster ly nog aan vertraagde skok. Die hele situasie voel nie werklik nie,” het sy gesê.

Kapt. Rewayne Muller, polisiewoordvoerder in Mitchells Plain, het gesê ’n saak van ontvoering word ondersoek.

Volgens die polisie se inligting is die verdagte ’n bruin 20-jarige vrou, sowat 1,5?m lank, skraal gebou en het sy ’n goue tand.

Sy praat glo Xhosa en Afrikaans vlot.

Enigiemand met inligting oor waar die ontvoerde baba en die verdagte hulle bevind, kan die ondersoekbeampte, ao. Josh Samuels, by 083 548 4677 bel.

Lees meer oor: vermis  |  hospitaal  |  baba

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Kompressie pitte??? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2008
R 94,990.00

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 152,000.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.