Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Baba se valdood by hospitaal ondersoek

2013-01-21 16:30
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die Gautengse departement van gesondheid ondersoek die dood van 'n baba wat by geboorte by die Kalafong-hospitaal in Alberton geval het, het 'n woordvoerder Maandag gesê.

Simon Zwane, woordvoerder, het gesê die kwessie word met "uiterste dringendheid" hanteer.

"Ons is nie gelukkig daaroor nie, en dit lyk asof nie ons pasiënt reg bestuur het nie, en die ongelukkige voorval veroorsaak het."

Janine Meiring (33) van Pretoria-Tuine is op 24 Desember na die hospitaal gehaas. Sy was 27 weke swanger toe sy kraampyne gekry het, het Beeld berig.

'n Verpleegster by die hospitaal het glo aan haar gesê daar is 'n personeeltekort en geen portier of rolstoel is verskaf nie.

Nadat sy 'n sonar gehad het, het die dokter haar glo geïgnoreer toe sy hom oor die baba gevra het en aan haar gesê het om terug te stap na die verpleegsters.

“Ek het gesê ek kan nie en gehuil. Die drukpyne was buite beheer. Hy het my aan my arm van die bed af gehelp.

“Ek het skaars twee tree gegee toe ek met my hand die baba se kop voel. Ek het vir die dokter gesê, maar hy het gesê ek moenie daar vat nie en my hand weggetrek,” het sy aan die koerant gesê.

“Toe kom my baba uit en gly deur my vingers op die vloer.”

Volgens Meiring was die impak so groot dat hy gewip het en die vloer ’n tweede keer getref het. Die baba se naelstring is losgeruk.

“Ek het in ongeloof na die dokter gekyk. Hy het sy kop geskud en glimlaggend gesê ek moet my baba optel. Hy het niks gedoen om te help nie.”

Volgens Meiring het sy met die baba, wat gesukkel het om asem te kry, in haar arms na die verpleegsters gehardloop. Die baba is enkele ure in die waakeenheid dood.

'n Pediater het glo gesê die kopbesering, die bloedverlies weens die gebreekte naelstring, infeksie of onderontwikkelde longe weens die vroeggeboorte kon sy dood veroorsaak het.

Meiring het gesê sy soek nie vergoeding nie en wil hê die dokter moet van sy praktyklisensie gestroop word.

"Hy moenie met vroue of kinders werk nie."

Zwane kon nie sê of die dokter nog aan diens is nie.

"Sodra al die ondersoeke afgehandel is, sal die kwessie by die gesondheidsraad aangemeld word."
      
– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
43 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Kevin Sadie sê... Hy was seker oppad werk toe. Hulle werk snaakse skofte Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Northwold - 20:37 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Bellairs Drive
  • Thursday Pretoria - 18:17 PM
    Road name: Solomon Mahlangu Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Lois Avenue
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.