Baba se lyk langs rivier gevind
2010-09-16 22:05
Durban – Die ontbinde lyk van ‘n babadogtertjie is Donderdagoggend in ‘n pakkie op ‘n rivierbank in Pietermaritzburg gevind, het polisie in KwaZulu-Natal gesê.
Sy was tussen ses en agt weke oud en het ‘n oop wond aan die kop gehad, het kol. Jay Naicker gesê.
Die lyk is deur ‘n verbyganger gevind.
“Op hierdie stadium wil dit voorkom of die baba êrens anders vermoor is en toe op die rivierbank gelaat is,” het Naicker gesê.
Na aanleiding van die ontbinding, word daar vermoed dat sy sowat twee weke gelede vermoor is, het Naicker bygevoeg.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA