Baba se lyk in drein gevind
2010-10-20 09:47
Johannesburg – ‘n Pasgebore baba se lyk is in ‘n stormwaterdrein in Khayelitsha gevind, het polisie in die Wes-Kaap Woensdag gesê,
Die lyk is glo Dinsdagmiddag deur ‘n inwoner, wat water by die drein gaan afgooi het, in die Groenpunt informele nedersetting gevind, het kapt. Anneke van der Vyfer gesê.
Die identiteit en geslag van die baba was onbekend.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en enigiemand met inligting kan konst. Nivard Adams op 082 469 0353 of 021 360 2388 tydens kantoorure kontak.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA