Baba se hart in borskas teruggesit

2010-01-18 06:43
Tweets Share Share line Print

Ashleigh-Karin in die Chris Hani-Baragwanath-hospitaal se waakeenheid voordat sy geopereer is om onder meer haar hart in haar borskas terug te plaas (Die Burger).

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannsesburg - Chirurge was gister hoogs tevrede met hul eerste operasie op ’n baba wat met ’n gedeelte van haar hart buite haar borskas gebore is.

Tydens dié sowat drie uur lange operasie gisteroggend in die Chris Hani-Baragwanath-hospitaal in Soweto is Ashleigh-Karin Louw se misvormde maagwand en diafragma herstel.

Haar hart is ook sover moontlik in haar borskas teruggedruk en haar misvormde borsbeen gedeeltelik herstel.

Dr. Jerome Loveland, hoof van pediatriese chirurgie by Bara­gwanath, het op ’n mediakonferensie ná die operasie gesê dit het “pragtig” verloop, maar Ashleigh-Karin is nog nie buite gevaar nie. “Daar is nog die risiko van onder meer longontsteking en infeksie.”

Die volgende 24 uur is kritiek, sê dr. Pungie Linghem, kliniese hoof by Baragwanath.

Ashleigh-Karin is 10 dae gelede met pentalogie van Cantrell gebore. Dit is ’n uiters seldsame ontwikkelingsafwyking wat abnormaliteite in die borsbeen, maagwand, diafragma en hart veroorsaak. Die ingewande kan ook, soos in haar geval, deur die maagwand stoot.

As alles goed gaan, sal sy oor sowat twee tot vier weke huis toe kan gaan. “Sy sal dan moet groei en sterk word vir haar eerste hartoperasie wanneer sy omtrent vier maande oud is. ’n Reeks operasies sal nodig wees om haar hartabnormaliteite te herstel,” sê Loveland.

Die doel met gister se operasie was onder meer om Ashleigh-Karin se hart sover moontlik in haar borskas terug te druk, sodat dit meer beskerm is teen trauma, infeksie en blootstelling. Die gedeelte van haar hart wat uitgesteek het, was net met vel bedek.

Haar ingewande wat deur haar maagwand gedruk het – omdat laasgenoemde nie behoorlik tydens die voorgeboortelike ontwikkelingsproses gesluit het nie – is teruggedruk. Haar maagwand is ook herstel.

’n Hele span pediatriese spesialiste, onder wie narkotiseurs, kardioloë en chirurge, asook teatersusters, het Loveland tydens die operasie bygestaan.

Johanna More, bestuurshoof van die hospitaal, het die span gister vir hul dapperheid en goeie werk bedank. “Dit wys ons het die vermoë en vaardighede hier vir moeilike gevalle.”

Ashleigh-Karin se ouers, Donovan en Anastacia Louw, is van Eldoradopark, suid van Johannesburg, en het drie ouer kinders. Mnr. Louw is ’n pakker by Woolworths en mev. Louw ’n tuisteskepper.

- Die Burger
 

Lees meer oor: kinders

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Kompressie pitte??? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2008
R 94,990.00

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 152,000.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.