Baba oorleef nadat ma haar begrawe
2011-11-04 20:01
Johannesburg – ‘n Pasgebore baba is lewendig in ‘n vlak graf
by die stortingsterrein van die Embalenhle-woonbuurt naby Secunda, Mpumalanga, gevind.
Iemand het in die verbygang die babatjie se
bene sien uitsteek en die polisie geroep, het konstabel Vhangani Makhado gesê.
Konstabel Makhado sê hulle het besef die
babatjie lewe nog toe sy kort nadat hulle haar uitgegrawe het begin huil.
Sy het kneusplekke op haar bene en voete
gehad.
“Die vrou het waarskynlik ‘n paar ure vroeër
geboorte geskenk en die babatjie begrawe,” het Makhado gesê.
‘n Dossier van kinderverlating is geopen.
Die polisie is steeds opsoek na die babatjie
se ma.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA