Baba net betyds gered

2011-01-31 06:46
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Munisipale werkers het Sondagoggend op ’n pasgebore babameisietjie, toegedraai in ’n plastieksak, in ’n stuk veld naby ’n begraafplaas in Centurion afgekom.

Frikkie Gous, woordvoerder van LifeMed-ambulansdienste, het gesê die baba is met die naelstring en plasenta gevind. Sy het in die son gelê en was skaars lewend toe die paramedici op die toneel verskyn het.

“Sy was ook yskoud en erg ontwater,” het Gous gesê.

Volgens hom is die baba op die toneel gestabiliseer en na die Steve Biko-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

“By die hospitaal is die baba ondersoek en in ’n broeikas gesit om warm te word.

“Later is sy ook ’n bottel met formulemelk gegee.”

Volgens Gous het personeel by die hospitaal die baba Hope gedoop.

“As sy nog ’n uur later in die veld in die warm son moes lê, sou sy dood gewees het. Sy is die pragtigste dingetjie. Nou kry sy behandeling en baie liefde van die personeel.”

Hy het gesê die personeel by LifeMed het reeds baie oproepe ontvang van mense wat graag klere en doeke aan Hope wil skenk.

Die polisie ondersoek die voorval en sal ook na ’n plek van veiligheid soek waar Hope kan woon.

vkeppler@beeld.com
 

Lees meer oor: babas  |  nooddienste

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Kompressie pitte??? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2008
R 94,990.00

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 152,000.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.