Baba-lykie op ashoop gevind
2010-09-30 17:10
Durban – Die lykie van ‘n baba is op ‘n ashoop in New England-weg in Pietermaritzburg gevind, het die polisie in KwaZulu-Natal Donderdag gesê.
“Met die polisie se aankoms op die toneel het die lykie op ‘n hoop gemors gelê. Die naelstring was steeds aangeheg,” het ao. Joey Jeevan, polisiewoordvoerder, gesê.
‘n Werker by die ashoop het op die lyk afgekom.
“Op hierdie stadium word vermoed dat die baba op ‘n ander plek gebore is en daarna op die ashoop gegooi is,” het Jeevan gesê.
Die vermoede is dat die lykie die afgelope 48 uur op die ashoop gegooi is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA