Baba in skooltas gevind
2010-12-28 21:08
Johannesburg – ‘n Babaseuntjie, wat reeds ‘n paar dae oud was, is in ‘n skooltas in Batho naby Bloemfontein gevind, het die polisie in die Vrystaat Dinsdag gesê.
Volgens konst. Thabo Litabe, polisiewoordvoerder, was ‘n vrou besig om haar erf te vee toe sy die tassie opgemerk het.
“Die vrou het ondersoek ingestel nadat sy ‘n baba hoor huil het. Sy het dadelik die polisie ontbied,” het Litabe gesê.
‘n Saak van poging tot moord is geopen.
Die seuntjie is na die Pelonomi-hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling. Geen verdagtes is nog vasgetrek nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA