Baba lewendig in sak gevind
2010-11-17 14:14
Johannesburg – ‘n Baba, minder as ‘n dag oud, is in ‘n sak buite ‘n sakeperseel in Parow Vallei in Kaapstad gevind, het polisie in die Wes-Kaap Woensdag gesê.
“Polisiebeamptes het om 07:00 uitgegaan na Parow Vallei. Met hul aankoms op die toneel was daar ‘n baba wat in ‘n sak voor hul perseel deur ‘n werknemer van Kühn Machines gevind is,” het woordvoerder ao. Jacques Mostert gesê.
“Die baba was in ‘n kakietrui toegedraai.”
“Volgens nooddienspersoneel was die baba nie ouer as 24 uur nie... Hy is na ‘n plaaslike hospitaal geneem.”
‘n Saak van kinderverwaarlosing is geopen.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA