Baba in asblik gevind
2010-01-07 14:43
Durban - ‘n Pasgebore baba is in ‘n asblik buite ‘n vakansie-oord in Umhlanga gevind, het Durban paramedici gesê.
Jeff Wicks, Netcare911 woordvoerder, het gesê hulle het die babatjie in ‘n swart plastieksak binne-in die asblik gevind.
“Werkers het op die baba afgekom terwyl hulle besig was om skoon te maak,” het hy gesê.
Die baba is na die Netcare Umhlanga hospitaal gehaas, waar hy in ‘n ernstige, maar stabiele toestand is.
Die ma het vermoedelik haar kind Woensdagaand weggegooi.
- Sapa