'Baba het binne ma ontbind'

2009-11-24 07:17
Tweets Share Share line Print

Linda de Beer

Klerksdorp - Baba Lemeel Booysen van Klerksdorp se kop en arms het tydens geboorte van sy lyfie geskeur omdat hy glo reeds in sy ma se baarmoeder begin ontbind het.

Die bestuur van die Klerksdorp-hospitaal het Maandag volgehou Lemeel was al dood toe Faiza Booysen verlede Maandag begin kraam het. Dit is hoekom sy kop en arms afgekom het terwyl dokters en verpleegpersoneel Booysen met die bevalling bygestaan het, het die hospitaal in reaksie op Beeld se vrae gesê.

Booysen glo haar baba het nog gelewe voordat sy begin kraam het. Die verpleegpersoneel het onder meer aan haar gesê om “te druk, want die baba raak moeg”.

Lemeel het 4,7 kg by geboorte geweeg. ’n Keisersnee is om dié rede vir 18 November geskeduleer. Nogtans het Booysen ’n induksie gekry om haar normaal te laat kraam nadat mediese personeel die Maandag glo bevind het die baba is dood. Dié diagnose was volgens die hospitaal gegrond op ’n sonar, waarna ’n masjien wat die hartklop wys ook aan Booysen gekoppel is. Daar was glo nie ’n hartklop nie.

Die hospitaal het gesê in gevalle waar die fetus in die baarmoeder sterf, is gewone vaginale geboorte die bevallingsmetode van voorkeur. Dit is glo om die vrou die trauma van ’n keisersnee te spaar.

Booysen het gesê dit sou vir haar baie minder traumaties gewees het om ’n keisersnee te kry. Sy was ure lank in kraam terwyl dokters en verpleegpersoneel “in my gewoel en gewoel en getrek en getrek” het.

Volgens die hospitaal het die baba se kop spontaan verskyn, waarna die een skouer in ’n posisie vasgesteek het wat normale geboorte verhoed (shoulder dystorcia). In die proses om die res van die baba te verlos, het die “kop en die agterste arm wat reeds verlos was van die res van die lyf verwyder geraak weens nadoodse weefselverandering”, het die hospitaal gesê. Die weefsel het glo versag omdat dit reeds begin ontbind het.

Lemeel se kop en arms is later weer aangewerk om die dooie fetus “die waardigheid te gee wat dit verdien” en sodat sy familie ’n “volledige lyk” kan begrawe.

Die hospitaal het gesê die baba se dood word nie ondersoek nie omdat die fetus volgens hulle nie meer gelewe het toe Booysen opgeneem is nie. Die mediese personeel het glo die “aanvaarde verloskundige prosedure” gevolg.

Booysen het gesê die hospitaal het nooit aan haar so ’n volledige verduideliking gegee nie.

Sr.supt. Kebaakae Metsi, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê ’n geregtelike ondersoek na Lemeel se dood word gedoen. Die hospitaal het sy lyk vir ’n lykskouing na Potchefstroom gestuur. Booysen het gesê hulle is ingelig dit word Woensdag gedoen. Die gesin wil Lemeel ook Woensdag begrawe.

- Beeld

 

Lees meer oor: hospitaal  |  kindersterftes

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Monica sê... Jip jy weet defnitief wat j doen, die dat jy jou maaitjies as regters en polisiehoofde aanstel om jou uit die tronk te hou, en dan is daar nog jou hele trop kinders ook. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Human Capital Tax (Expatriate tax)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Manager Africa Tax Coordination Services

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Innovative Delphi Developers with strong OO skills - JHB

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 2.7 Raider LWB VVT-i RB PU MY05
2007
R 184,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.