Baba gesteel terwyl sy by ouers slaap
2011-08-23 22:02
Johannesburg – ‘n Drie weke oue babameisie is gesteel terwyl sy by haar ouers geslaap het in die Eden Park-gebied, het die polisie in Johannesburg Dinsdag gesê.
‘n Man en ‘n vrou het Dinsdag omstreeks 05:00 in Palm Ridge Uitbreiding 4 wakker geword en besef dat hul baba nie in hul bed is nie, het kapt. Mega Ndobe gesê.
Daar was ‘n groot gat in die een muur van die sinkhuis waarin hulle geslaap het.
Dit wou voorkom of die baba deur die gat in die muur uitgesmokkel is, maar die ouers het gesê hulle het niks gehoor nie.
‘n Saak van kinderdiefstal word ondersoek.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA