Baba gered toe ma aan H1N1 sterf

2009-08-24 06:29
Tweets Share Share line Print

Antoinette Pienaar

Johannesburg – ’n Baba moes sowat tien weke te vroeg in KwaZulu-Natal met ’n keisersnee in die lewe gebring word om hom te red kort voordat sy ma aan varkgriep dood is.

Jessica Dunne (née Olivier, 23) van Winterton is die naweek, skaars twee dae ná baba Joshua se geboorte, aan pandemiese (H1N1) 2009-virus dood.

Louis Joubert, hospitaalbestuurder, het aan The Witness bevestig dat die keisersnee Donderdag uitgevoer is en dat die baba steeds in die hospitaal is, maar wou niks verder sê nie.

Dunne, wat volgens The Witness vir die Drakensberg-seunskoor gewerk het, was 29 weke swanger.

Dokters by die Netcare St. Anne’s-hospitaal in Pietermaritzburg het die afgelope drie weke glo vergeefs probeer om Dunne te red nadat sy vroeër vandeesmaand siek geword het.

Joshua lê steeds in die hospitaal se neonatale waaksaal.

Sy ma is minstens die vierde swanger vrou wat die laaste paar weke in Suid-Afrika aan varkgriep beswyk het.

Die ander was ’n 27-jarige en ’n 38-jarige van die Oos-Kaap en ’n 23-jarige van Durban.

Na wat verneem word, is daar nog ’n vrou wat ernstig siek is in ’n Pretoriase private hospitaal nadat sy haar baba verloor het.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes werk hul varkgriepstatistieke later vandag by en kon nie teen druktyd die sterfte bevestig nie.

Dunne is glo deur ’n private patoloog getoets.

Teen gistermiddag was daar reeds 442 mense wat aangesluit het by die Jessica Dunne-gedenk-en-bidgroep op Facebook, asook etlike boodskappe deur vriende en familie wat Dunne onthou vir haar vrolike geaardheid en “aansteeklike lag”. Uit haar Facebook-profiel, waar sy pryk op ’n foto saam met haar man, Shaun, is meer as 460 vriende gelys.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het onlangs gewaarsku dat swanger vroue wat met varkgriep besmet word so vroeg moontlik antivirale medisyne kry.

Dit is ongeag die erns van haar simptome. Dit help ook nie om eers te wag totdat laboratoriumtoetse varkgriep bevestig nie.

Middels soos Tamiflu werk die beste wanneer dit binne 48 uur ná die eerste griepsimptome toegedien word en selfs voorkeurtoetse in Suid-Afrika duur minstens ’n dag.

The Lancet het onlangs berig oor ’n studie wat bevind het swanger vroue word vier keer meer weens varkgriep gehospitaliseer.

Die VSA se sentrums vir siektebeheer (CDC) het na 34 swanger vroue gekyk wat tussen 18 Maart en 15 April met varkgriep besmet is.

Sowat ’n derde is hospitaal toe – meer as vier keer soveel as lede van die algemene bevolking.

Ses van die 45 varkgriepsterftes wat tussen 15 April en 16 Junie in die VSA aangemeld is, was swanger vroue. Een van dié sterftes was onder die 34 vroue wat die CDC ondersoek het.

Sommige kenners vermoed die feit dat vroue se immuunstelsels onderdruk word tydens swangerskap speel ’n rol.

- Beeld

Lees meer oor: h1n1 suid-afrika  |  h1n1

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Kompressie pitte??? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2008
R 94,990.00

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 152,000.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.