Baba (1) sterf voor trein
2009-07-16 12:00
Rafiq Wagiet
Die Kaapse radiostasie, Kfm, het Donderdagmiddag berig dat ‘n eenjarige meisie gesterf het nadat sy deur ‘n trein raakgery is.
Dié tragedie het by die die Faure-treinstasie naby Somerset Wes afgespeel.
Volgens die polisie het die meisie kort voor die voorval op die treinspoor gespeel.
Die saak word ondersoek maar ‘n dossier is nog nie geopen nie.
“Die ma van die kind is in skok en kan op hierdie stadium nie met die polisie kommunikeer nie,” het Susan Jantjies, polisiewoordvoerder gesê.
In ‘n soortgelyke voorval in 2006 het 19 plaaswerkers gesterf nadat die vragmotor waarin hulle gery het met ‘n trein by die Faure-oorgang gebots het.
–Kfm