Baas skiet glo werker per ongeluk in rooftog

2012-01-23 07:00
Tweets Share Share line Print

Nelspruit. – ’n 30-jarige man is Sondagoggend naby die stad doodgeskiet toe rowers hom as ’n menslike skild gebruik het.

Michael Stenger, wat by Sound Systems gewerk het, is vermoedelik per ongeluk tydens die rooftog deur Charles Loram, sy werkgewer, raak geskiet.

Twee rowers is ook vermoedelik gewond.

Vier rowers het omstreeks 09:30 in ’n rooi BMW by die hoewe op die Barberton-pad vanwaar Sound Systems bedryf word, opgedaag.

Loram het glo deur sy kamervenster gesien hoe een van die vier insittendes ’n klapmus oor sy kop trek.

Hy is met sy .38-rewolwer in sy sak na die kantoor waar Stenger werk.

Toe hy inkom het die rowers met Stenger gestoei. Twee van hulle het Loram bestorm.

Loram het geskiet.

Die rowers het Stenger na ’n aangrensende kantoor gesleep.

Daar het hulle Stenger voor hulle gehou terwyl Loram weer skote afgevuur het.

Hy het daarna na buite gehardloop en glo nog skote deur die kantoor van die venster geskiet.

Sy patrone was toe blykbaar klaar en hy het na sy slaapkamer gehardloop om sy 9 mm-pistool te kry.

In daardie stadium het die rowers na hul motor gehardloop.

Die hoewe se elektriese hek het intussen toegegaan en die rowers kon nie die voertuig uitkry nie.

Hulle het toe weggehardloop.

Loram het glo deur die kamervenster nog op hulle geskiet. Hy het blykbaar twee raak geskiet.

Toe hy na die kantoor terugkeer het hy ’n swaar gewonde Stenger op die vloer gekry.

Stenger is blykbaar deur die hart geskiet.

Paramedici is ontbied, maar by hul aankoms was Stenger reeds dood.

Die polisie het op Loram se rewolwer en minstens agt 9 mm-patroondoppies beslag gelê.

’n Gewonde verdagte is later in hegtenis geneem toe hy by die Nelspruit-polisiekantoor opgedaag en gekla het dat sy rooi BMW gekaap is.

Nadat die polisie veiligheidskameras by Sound Systems nagegaan het, is vasgestel dat die man wat oor die BMW gekla het inderdaad een van die vermeende rowers is.

Hy het ’n skietwond in die regterboud.

’n Vrou is ook kort ná die voorval by ’n taxistaanplek in hegtenis geneem, maar later vrygelaat.

Die polisie het vasgestel een van die verdagtes het die rooi BMW vroeër die oggend by ’n vrou in Witrivier geleen.

Hy het aangevoer hy wou daarmee na ’n begrafnis gaan, het lt.kol. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, gesê.

Loram, wat onder meer ’n lewensafrigter en dieetkundige is, was teen druktyd steeds te geskok om ’n verklaring aan die polisie te gee.

Stenger het op 30 Desember sy 30ste verjaardag gevier.

Hy was verloof aan René Roestorf en die twee sou in September getrou het.

Hy laat sy ma, Hannie Klokie, en susters, Monika Stenger en Manuela Bergendahl, agter.

Hlathi het gesê die polisie ondersoek klagte van moord en poging tot roof. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  rooftogte

Lewer kommentaar op hierdie artikel
32 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Kompressie pitte??? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2008
R 94,990.00

NISSAN

X-Trail 2.0 4x2 MY06
2006
R 152,000.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 105,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.